Hoekom is jy Gereformeerd?

Hierdie is die eerste artikel in ons Hoe?/Hoekom? reeks. Die plan is om te begin by fundamentele vrae oor ons geloof, en dan die hoe/hoekom vrae uit te brei na ander sake waaroor ons dalk vrae het. Wanneer ons enige vraag gaan beantwoord in hierdie reeks apologetiek artikels, moet ons eerstens besef dat ons dit gaan moet beantwoord vanuit ’n Gereformeerde perspektief. As ons dit nie doen nie is ons inkonsekwent oor dit wat ons bely. Dus, hoekom is jy Gereformeerd? Dink vir ’n oomblik daaroor na en lees dan verder wanneer jy ’n antwoord het.



One hammer in the hand of an obscure Augustinian monk changed the world forever. Martin Luther posted his Ninety-five theses on the church door in Wittenberg, Germany and thus began the Reformation through which the light of God's Word was brought out of the darkness to shine with clarity once more. At the Diet of Worms*, summoned in Germany, Luther was called upon to recant his views. He answered his interlocutors by saying, "Revoco? You want me to say revoco? That I recant? I will not recant unless I am convinced by sacred Scripture or by evident reason. I cannot recant for my conscience is held captive by the Word of God. And to act against conscience is neither right nor safe. Here I stand. I can do no other. God help me.

R.C. Sproul, '1517', Glory to the Holy One


*Die Diet of Worms in 1521 was ’n keiserlike raad wat bymekaar gekom het om te besluit oor Martin Luther se lot.


Gedurende die Protestante Reformasie van die 16de eeu was die lig van God se Woord vanuit die donkerte gebring om weereens helder te kan skyn. Luther het gesê dat sy gewete deur die Woord van God ʼn gevangene is. Hy is gevra om sy sieninge (spesifiek sy 95 stellings wat hy teen die kerkdeur vasgespyker het) te ontken. Maar Luther het eenvoudig gesê dat as hy nie deur die Skrif oortuig kan word dat sy sieninge verkeerd is nie, dan sal hy nie kan ontken wat hy in die eerste plek vanuit die Skrif geleer het nie.


Luther se woorde hier is seker een van die eerste kere in ’n lang tyd dat die lering van Sola Scriptura weer tot lig gekom het nadat die Roomse kerk dit eeue lank onderdruk het. (Die Rooms-Katolieke beweer dat die Bybel nie genoegsaam is vir gelowiges nie, maar verlig “heilige tradisie” tot hoër gesag as die Heilige Skrif, want hulle beweer dat sonder die spesifieke mondelinge tradisies van die Katolieke kerk die Bybel nie verstaan kan word nie). Vir meer inligting oor hierdie onderwerp, lees gerus die boek ‘The Protestant Doctrine of Sola Scriptura’,


Wat die lering van Sola Scriptura (Skrif alleen) bevat, is dat die Bybel die hoogste gesag is in die gelowige se lewe. Die Skrif is genoegsaam en duidelik.


Om Gereformeerd te wees beteken om Bybels te wees. Dit is om te erken wat die Skrif as ons hoogste gesag leer en om onsself daaraan te onderwerp, al hou ons nie altyd van dit wat God in sy Woord openbaar nie. Dit is dan ook wat die Skrif ons leer:

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

2 Timoteus 3:16-17


Die grondslag vir die Gereformeerde teologie is in die Skrif geleë. Dit is ook veronderstel onsigbaar te wees in die kerk waarvan ons lidmate is. Hoe is die predikant se preek gestruktureer? Kyk maar gerus na sommige ander denominasies se “preke” en vergelyk dit met die struktuur van ’n Gereformeerde preek. Wat lei die preek? Begin die predikant met ’n storie van sy vakansie en ervarings en koppel dan ’n paar verse om dit te staaf, of word die Woord eers oopgemaak en gelees en dan begelei die Woord die boodskap wat die predikant bring?


Dis belangrik om hierdie verskil te beklemtoon. Die eerste, waar die predikant ’n teks kry om te pas by sy idee van ’n boodskap, lei tot swak teologie en eisegese. (Dit gebeur wanneer die leser ’n vooropgestelde idee in die teks inlees). Die probleem is ook dat byna enige idee gestaaf kan word deur ’n Bybelvers of twee wat heeltemal buite konteks aangehaal word. Die tweede voorbeeld, waar die teks die boodskap lei (soos wat die gebruik in die Gereformeerde kerk is), word eksegese genoem. Dit is wanneer die Woord gemyn word vir waarheid; dit daag ons menslike idees uit en hervorm ons gedagtes om meer Skrifgetrou te word.


’n Verdere definisie van Gereformeerd is in die formuliere, en meer spesifiek die belydenis van die drie formuliere van eenheid geleë, naamlik:

• Heidelbergse Kategismus

• Dordtse Leerreëls

• Nederlandse Geloofsbelydenis


Die formuliere is natuurlik nie op dieselfde vlak van gesag as die Skrif nie maar dit kan wel dien as ’n riglyn vir die lees van die Bybel. Ons het reeds genoem dat die Roomse kerk tradisie bo die gesag van die Skrif verhef, en dit veroorsaak soms dat mense ongemaklik raak wanneer daar van tradisie gepraat word. Maar ons moet onthou dat die Gees reeds vanaf die ontstaan van die kerk in die kerk werksaam is. Dit sal baie kortsigtig wees om die kennis wat gelowiges voor ons opgedoen het te versmaai. Daarom is nog ʼn goeie manier om ’n interpretasie van die Skrif te toets (benewens om dit met die Skrif self te toets), naamlik die gebruik van geskiedkundige interpretasie. As jy op ’n interpretasie afkom wat niemand al ooit tevore gesien het nie, is dit heel moontlik verkeerd.


Om Gereformeerd te wees beteken om Bybels te wees, en vanuit hierdie grondslag gaan ons hierdie apologetiek reeks benader. God se openbaring gaan ons swaard wees waarmee ons argumente vernietig wat hulself teen die kennis van God oprig en ons gaan elke gedagte gevange neem en dit gehoorsaam maak aan Christus. (2 Kor. 10:5)


Keyboard and Mouse

Ondersteun ons

'n Donasie van $ 1 kan baie help om ons aanlyn te hou.

Teken in. Wees Awesome

Teken in. Wees awesome.

Kry opdaterings oor nuwe plasings, komende besprekings en meer!

Greek Ancient Sculpture of Warrior
Altyd Gereed.
  • Facebook
  • Instagram

©2020 deur Apologetics Central